free css templates
Mobirise


Meer oor ons

Bontebokkies is ‘n kleuterskool & naskool gelee in Van Riebeeck Park, Kempton Park. Ons gebruik kreatiewe, wel deurdenkte temas elke week, vir die onderrig van kinders op grondslagfase in lyn met die riglyne van die Departement van Onderwys.

Ons tel die tyd af!

OPEDAG

08/01/2020

Missie & Visie

Bontebokkies is ‘n opvoedkundige instelling gebaseer op Christelike waardes wat fokus op die onderrig, omgee en welstand van alle kinders wat in ons sorg geplaas word. Ons streef daarna om die kleuterskool van keuse te wees in Kempton Park, vir kinders van die ouderdom 3 maande tot 5 jaar.

Ons wil graag kinders help om hulle volle potensiaal te bereik, bou op hulle sterkpunte en help om areas wat meer aandag nodig het te ontwikkel. Ons strewe ook daarna om kinders skool gereed te kry deur die ontwikkeling van fyn-motoriese en groot-motoriese, memorisering, en kreatiewe denke asook om hulle goeie maniere en respek vir mens en dier te leer.  

Mobirise

Evaluering van kinders

Evaluerings word voortdurend deur die loop van die jaar gedoen en formele rapporte word onderskeidelik in Junie en Desember uitgestuur.

Mobirise

Wat bied ons

Bontebokkies bied babasorg & stimulasie vir babas van 3 tot 12 maande, kleutersorg en onderrig in Afrikaans en Engels vir 1 tot 5 jariges sowel as Naskoolsorg. 

Mobirise

Besigheidsure

Ons is oop van Maandag tot Vrydag
Voldag (06:30 – 18:00)
Halfdag (06:30 – 14:00)
Gesluit op Publieke vakansiedae en gedurende die Desember en Januarie skoolvakansies

Daaglikse Program

07:45-08:15

Ontbyt word bedien

Elke oggend word 'n ander pap bedien

10:00-10:15

Oggend peuselhappie

Gesonde peuselhappies moet daagliks deur ouers gepak en skool toe gestuur word

12:00-12:20

Middigete

Gesonde gekookte maaltye word voorberei
*Nasorg kinders se middagete word bedien sodra hulle van die skool af kom
*Ons spyskaart is beplan met die hulp van 'n Dieetkundige

12:30-14:00

Slaaptyd

Klaskamers is verdof vir hierdie periode

14:00-15:00

Nasorg kinders doen huiswerk

Kinders moet in hierdie tyd huiswerk doen onder toesig van 'n onderwyser
As hulle klaar is, kan hulle buite speel
*Geen huiswerk word op Vrydae gedoen nie

14:30-14:45

Middag peuselhappies vir kleuters

Gesonde peuselhappies moet daagliks deur ouers gepak en skool toe gestuur word

Adres

13 Bonteboklaan
Van Riebeeck Park
Kempton Park
1629

Kontak besonderhede

Epos adres:
info@bontebokkies.co.za

Telefoon nommer:
071 188 5067